top of page
fak%20met%20slagspreuk%20-%20Copy_edited

GENEALOGIELESSENAAR

Ontdek jou familiewortels

SERVICES

Wat is genealogie?

In genealogie gaan dit by uitstek om die plek en betekenis van elke lid in ’n bepaalde familie. 

Die woord “genealogie” is uit twee Griekse woorde, genos (geslag, familie) en logos (woord, rede, kennis) saamgestel. Letterlik dui genealogie dus op die verkryging van kennis van ’n geslag of ’n familie.

Alhoewel daar ’n betekenisnuanse is, word genealogie ook geslagkunde, familiekunde of familiegeskiedenis genoem. Familiegeskiedenis voeg die sosiale en kultuurgeskiedenis by die geslagsregister en afstammingslyste.

Die doel en taak van die genealoog is dus om 'n individu te identifiseer, hom/haar dan binne die raamwerk van ’n familie en gemeenskap te plaas en dan voor- en/of nasate na te speur.

Genealogiese navorsing, ’n wêreldwye groeiende belangstelling,  kan ’n individu en familielede help om weer hul eie familiewortels te ontdek, hul trots te maak op hul persoonlike erfenis en so met moed die toekoms tegemoet te gaan.

Wat is die FAK se rol?

Volgens dr. Danie Langner, besturende direkteur van die FAK, sien die FAK genealogie as ’n belangrike sleutel om die historiese geheueverlies onder kinders aan te spreek. Deur genealogie weet elkeen in die gesin waar hy vandaan kom en dit gee baie raakpunte om ook met kinders te gesels oor die konteks waarin hulle ouers of grootouers geleef het.

 

“Afrikaners is een van die min volke ter wêreld wie se rekords redelik volledig tot die 17de eeu terugstrek. Die FAK het ervaar daar is onder gesinne en families ’n nuwe belangstelling in wie ons is en waar ons vandaan kom. Udolpho, die FAK se kultuurvakansieplaas naby Parys, is vir familiesaamtrekke veral gewild. Daar is ’n toename in besprekings van families wat duidelik dui op ’n groot behoefte,” aldus Langner.

Die Genealogielessenaar is in Januarie 2020 gevestig om by te dra tot die bewusmaking en bewaring van persoonlike familiegeskiedenis as onderbou van algemene kultuurerfenis veral met fokus op diens aan FAK-vriende, maar ook tot diens van die algemene publiek. Die FAK wil graag ’n netwerk vorm vir genealogiese navorsing in die RSA.

Die bekende genealoog, Isabel Groesbeek, professionele genealoog sedert 1988 en voormalige hoof van RGN: Genealogie-Inligting, is deel van die FAK Kultuurtuiste-familie en staan individue en families by in hul familie-speurtog deur konsultasies, navorsingsprojekte, asook opleiding.

OUR WORK

ONS PROJEKTE

Die FAK-Genealogielessenaar bied 'n verskeidenheid van dienste, produkte en projekte aan die publiek en FAK-vriende.

Familieboom

Navorsing

Konsultasies

Genealogiefees

bottom of page