top of page

IS JY 'N DE WET?

Indien jy ’n nasaat van die stamouers Jacobus De WET (1673-1710) & Josina PRETORIUS (1678-1713; dogter van PRETORIUS-stamouers) is of as jy daaroor wonder, moet jy hier lees!

 

Die FAK-Genealogielessenaar maak graag kontak met persone wat gebore of getroud De WET OF ’n nasaat van ’n De WET-voorouer is. 

Die De WET-familieregister is al omvattend nagevors en deur verskeie navorsers gepubliseer, maar het jy al betrokke geraak om jou persoonlike erfenis na te spoor, aan te teken en jul eie familiegeskiedenis te bewaar? 
Genl. Christiaan Rudolf de WET is bv. op 3 Februarie 1922 (100 jaar gelede) oorlede. Ken jy jou eie familiestorie en stamlyn?

Skakel met die FAK-Genealogielessenaar om jou met die projek by te staan en ook om seker te maak dat jul persoonlike erfenis nie verlore raak nie.

Word ’n FAK-vriend en dra ook sodoende by tot die bewaring van Afrikanerkultuurerfenis in die algemeen.

 

Jou deelname en betrokkenheid kan help dat soveel as moontlik familielede se familiedata so korrek en volledig as moontlik aangeteken en vir nageslagte bewaar word.

 

Voltooi asseblief die onderstaande vorm sodat ons jou inligting kan bewaar. Deur die onderstaande vorm te voltooi gee jy ook vir die FAK toestemming om jou te kontak.

Wat is jou besonderhede?

Baie dankie vir jou moeite!

bottom of page