IS JY 'N DU PLESSIS?
Indien jou nooiens- of aangetroude van Du Plessis is, moet jy hier lees!
Die FAK-Genealogielessenaar maak graag kontak met persone wat gebore of getroud Du Plessis is om te sien hoeveel persone daar in Suid-Afrika woon met die van Du Plessis.
Help so om ook jou persoonlike erfenis te bewaar deur seker te maak dat jou eie familiedata ook in die bestaande Du Plessis-familieregister ingesluit word.
Uiteindelik kan dit help dat soveel as moontlik familielede se familiedata aangeteken en vir nageslagte bewaar word.
Jy kan ons ondersteun deur die onderstaande vorm te voltooi.