top of page

IS JY 'N DU TOIT?

Indien jy ’n nasaat van die Du TOIT-stamouers en Hugenote, François du TOIT (15.09.1664-20.10.1731) & sy eggenote en medevlugteling, Suzanne SEUGNET is of as jy daaroor wonder, moet jy hier lees!

François, afkomstig van Lille, Frans-Vlaandere, arriveer op 23.06.1686 in die Kaap aan boord van die skip, 'Vrijheit'. Hul tree in die Kaap in die huwelik en vestig op die plaas 'Kleinbosch OF De Kleine Bos' in Dal Josafat, Wamakersvallei (vandag dist. Wellington).

 

Die FAK-Genealogielessenaar maak graag kontak met persone wat gebore of getroud Du TOIT OF ’n nasaat van een van hul tien kinders (vier seuns en ses dogters)  is. 

Die Du TOIT-familieregister is al omvattend deur o.a. wyle Alex Fuchs nagevors en deur verskeie navorsers as manuskripte beskikbaar gestel, maar het jy al betrokke geraak om jou persoonlike erfenis na te spoor, aan te teken en jul eie familiegeskiedenis te bewaar? Wie is moontlik besig om die Du TOIT-publikasie verder aan te vul?

Skakel met die FAK-Genealogielessenaar om jou met die projek by te staan en ook om seker te maak dat jul persoonlike erfenis nie verlore raak nie.

Word ’n FAK-vriend en dra ook sodoende by tot die bewaring van Afrikanerkultuurerfenis in die algemeen.

 

Jou deelname en betrokkenheid kan help dat soveel as moontlik familielede se familiedata so korrek en volledig as moontlik aangeteken en vir nageslagte bewaar word.

 

Voltooi asseblief die onderstaande vorm sodat ons jou inligting kan bewaar. Deur die onderstaande vorm te voltooi gee jy ook vir die FAK toestemming om jou te kontak.

Wat is jou besonderhede?

Baie dankie vir jou moeite!

bottom of page