top of page

GENEALOGIE- EN FAMILIEFEES

Die FAK-Genealogielessenaar bied ’n Genealogiefees aan
 

Die 12de, maar eerste FAK GENEALOGIE- & FAMILIEFEES vind, na die inperkings van Covid-19 die FAK gedwing het om in 2020 en 2021 digitale ‘feeste’ te hou, op Saterdag 9 April 2022 vanaf 08:00 tot 13:00 in die KRUGER-galery op die Voortrekkermonumentterrein plaas.

 

Besoek gerus die FAK Facebook by video’s vir gesprekke met temas oor die Kruger-familie en DNS, Genealogie en die rekenaar, die Buys- en Dreyer-familie, asook die Andrew Murray Familiebond.


Omkring die datum in jou dagboek en kom kuier saam met familie en vriende.

Bring jou vrae met bekende leidrade en besoek die verskeidenheid uitstalruimtes wat deur ervare verteenwoordigers beman word.

Boeke, elektroniese boeke, eet- en drinkgoed sal te koop aangebied word. Genealogiese inligtingsessie vul die feesdag om 11:00. Besoeke aan die Voortrekkermonument, die Historiese Trekroetetuin (veral pret vir die kinders), asook die interessante uitstallings in die Erfenissentrum kan die dag inkleur.

Navrae oor die fees kan aan Isabel Groesbeek by isabel@kultuurtuiste.org.za gerig word.

 

Doelstellings van die fees:

1. Om genealogie as wetenskap en erfenis aan die wyer publiek bekend te stel

2. Om ’n netwerkgeleentheid vir navorsers, familiebonde, genealogie-, erfenis-, kultuurverenigings, bewaringsinstansies en boekwinkels te skep, asook ’n geleentheid om hul genealogiese produkte en aktiwiteite bekend te stel.

bottom of page