top of page

KONSULTASIES / BEGINNERSKURSUS

Die FAK-Genealogielessenaar bied die volgende konsultasiegeleenthede:
 

Genealogiese konsultasies

Individue of familielede kan die FAK-hoofkantoor per afspraak vir ’n konsultasie besoek.

FAK-vriende het die voordeel van ’n uur gratis konsultasie.

Genealogiese konsultasies vir deurlopende navorsingshulp sodat vriende kan leer watter gepaste navorsingsmetodiek om te volg, watter spesifieke bronne om deeglik te raadpleeg en waar betroubare bronne (regoor die RSA & in die buiteland & op die internet) beskikbaar is om sodoende hul genealogie en familiegeskiedenis aan te teken.

FAK-vriende ken moontlik net enkele van hul voorgeslagte bv. die name en data van hulself, dié van hul ouers en moontlik grootouers. Die FAK-Genealogielessenaar kan lede bystaan om hul kennis en aantekening en versameling van lewende familiedata aan te moedig en te bevorder en dan bystaan om koppeling met argiefdata te bewerkstellig.

 

 

Genealogiese werkswinkels vir beginners, ‘Van waar Gehasi?’

Die internetdata skep gevaar dat belangstellendes net data klakkeloos naskryf, sonder raadpleging van primêre bronne en dié lessenaar kan help om standaard van navorsing te verhoog.
‘Van waar Gehasi?’-beginnerskursus in genealogie word as ’n werkswinkel op versoek aan kleingroepe of aan individue op versoek of tydens familiesaamtrekke op Udolpho aangebied.

FAK-vriende kry 50% afslag.

 

Die volgende aspekte word tydens dié kursus aangespreek:

  • Wat is genealogie?

  • Watter tipe navorsing kan ek onderneem?

  • Waar en hoe begin ek?

  • Watter bronne moet geraadpleeg word?

  • Waar vind ek bronne?

  • Watter rekenaarprogram moet ek gebruik?

  • Hoe kan ek die internet benut?

 

Gasspreker by kultuurorganisasies

Die FAK verwelkom uitnodigings deur kultuurorganisasies, vroueklubs, seniorklubs,

Voortrekkerspanne, ens. waar sy as gasspreker kan optree om die vakgebied bekend te stel.

Gratis optrede by kultuurvriende (net reiskoste moet verhaal word).

Kommentaar van vorige kursusgangers

 

  • Baie dankie vir ’n hoogs insiggewende werkswinkel; professioneel aangebied en goed voorberei – dis altyd ’n plesier om te kan luister na eksperts in hul gebied. Dit was vir my ’n oggend van nuwe vaardighede aanleer.

  • Uitstekende kursus wat ’n absolute móét is vir enige persoon met ’n belangstelling in familiegeskiedenis. Puik aanbieder en waardevolle inhoud. 

  • Dis uitstekend gedoen en baie goed voorberei en die passie en kennis vir genealogie is inspirerend. Dalk kan jy by die inleiding net eers direk praat i.p.v. om dadelik die voordragskyfie te wys. Dan kan mens die gesig by die stem sit.

  • Vir elkeen wat belangstel in hul stambome of enige ander notering van hul genealogie beveel ek hierdie kursus aan. ’n Mens is geneig om te dink mens sal sommer op die internet “google” en so jou stamboom of genealogie kry, maar dit is verseker nie so maklik nie. Ek is werklik dankbaar vir die kosbare kennis en stukkies geskiedenis wat ek sommer ook geleer het oor die proses van boekstawing van al ons voorouers en hul geskiedenisse.

bottom of page