top of page

NAVORSING

Die FAK-Genealogielessenaar bied die volgende navorsingsgeleenthede:
 

Opstel en byhou van genealogie navorsersregister: wie werk aan wat?

Vriende word aangemoedig om hul voltooide GESINSBLAAIE aan Isabel te stuur, sodat die FAK kan bepaal in watter families die vriende belangstel en m.b.t. watter families daar al inligting/manuskripte/publikasies bestaan. Klik gerus hier om jou gratis gesinsblad af te laai.

 

Hantering van persoonlike en skriftelike navrae

Telefoniese en/of skriftelike navrae kan aan die lessenaar gerig word.

Leidrade soos volle name, plekke en datums van voorouers sal help met beantwoording van navrae.

Indien omvattende navorsing onderneem moet word, sal kwotasie vooraf bespreek word.

          

Opbou van genealogie-databasis

Navorsingsresultate  met geverifieerde bronne (persoonlik en/of argiefbronne) word in ’n genealogie-databasis met die hulp van ’n doelgerigte genealogie-program ingesleutel en die databasis kan in die toekoms as verwysingsbron benut word. 

bottom of page