top of page

IS JY 'N POTGIETER?

Indien jy ’n nasaat van die POTGIETER-stamouers Harmen Jansz (gebore te Nordhorn ca. 1635 en oorlede te Kaap ca. 1706), ’n VOC-amptenaar, Vryburger in 1663 en een van die eerste inwoners van die nedersetting by die Eersterivier (later Stellenbosch) & Isabella FREDERIKS (1652-1711; weduwee VECHTMANN) is of as jy daaroor wonder, moet jy hier lees!

 

Die FAK-Genealogielessenaar maak graag kontak met persone wat gebore of getroud POTGIETER OF ’n nasaat van een van hul Potgieter-kinders (3 seuns en 5 dogters) is. 

Die POTGIETER-familieregister is al omvattend nagevors en deur verskeie navorsers as manuskripte beskikbaar gestel, maar het jy al betrokke geraak om jou persoonlike erfenis na te spoor, aan te teken en jul eie familiegeskiedenis te bewaar? Wie is moontlik besig om ’n Potgieter-publikasie saam te stel?

Voortrekkerleier, Andries Hendrik POTGIETER (1792-1852) is moontlik die mees bekende Potgieter in ons geskiedenis, maar ken jy jou eie familiestorie en stamlyn? Is jul familiegeskiedenis al vir die nageslag met lewensverhale, dokumente en beskrywende foto’s aangeteken?

 

Skakel met die FAK-Genealogielessenaar om jou met die projek by te staan en ook om seker te maak dat jul persoonlike erfenis nie verlore raak nie.

 

Word ’n FAK-vriend en dra ook sodoende by tot die bewaring van Afrikanerkultuurerfenis in die algemeen.

 

Jou deelname en betrokkenheid kan help dat soveel as moontlik familielede se familiedata so korrek en volledig as moontlik aangeteken en vir nageslagte bewaar word.

Voltooi asseblief die onderstaande vorm sodat ons jou inligting kan bewaar. Deur die onderstaande vorm te voltooi gee jy ook vir die FAK toestemming om jou te kontak.

Wat is jou besonderhede?

Baie dankie vir jou moeite!

bottom of page