IS JY 'N SCHOEMAN?

Is jy ’n nasaat van die stamvader, Heinrich SCHUHMACHER (1702-1765) OF dalk ’n nasaat van Daniel Jochem SCHOEMAN (1728-1763) OF as jy daaroor wonder,
moet jy hier lees!

 

Die FAK-Genealogielessenaar maak graag kontak met persone wat gebore of getroud SCHOEMAN OF ’n nasaat van ’n SCHOEMAN-voorouer is. 

Die SCHOEMAN-familieregisters is al omvattend nagevors en deur verskeie navorsers gepubliseer, maar het jy al betrokke geraak om jou persoonlike erfenis na te spoor,
aan te teken en jul eie familiegeskiedenis te bewaar?

 

Skakel met die FAK-Genealogielessenaar om jou met jou eie projek by te staan en ook om seker te maak dat jul persoonlike erfenis nie verlore raak nie.

 

Jou deelname en betrokkenheid kan help dat jou eie erfenis bewaar word en soveel as moontlik familielede se familiedata so korrek en volledig as moontlik aangeteken
en vir nageslagte bewaar word.

Voltooi asseblief die onderstaande vorm sodat ons jou inligting kan bewaar. Deur die onderstaande vorm te voltooi gee jy ook vir die FAK toestemming om jou te kontak.

Wat is jou besonderhede?

Baie dankie vir jou moeite!