top of page

IS JY 'N CELLIERS?

Indien jy ’n nasaat van die HUGENOTE-stamouers Josué CELLIERS (1676-1721), & sy eggenote, Isabeau/Elisabeth COUVRET of as jy daaroor wonder, moet jy hier lees!

Die CELLIER/CELLIERS/CILLIE/CILLIER/CILLIERS-stamvader en sy vrou arriveer gedurende 1700 per ‘Reygersdaal’ aan die Kaap. Josué was ’n timmerman en wingerdsnoeier van Orléans, hoofstad van die destydse provinsie Orléanais, Frankryk. Hulle het Frankryk waarskynlik eers na die Vrede van Rijswijk in 1697 verlaat en tydelik na Delft in Nederland gegaan. Hulle vestig hulself aanvanklik op die plaas ‘Het Kruyspad’ naby Brackenfell. In 1713 verhuis hy na die plaas ‘Orleans’ in Dal Josafat.

 

Die FAK-Genealogielessenaar maak graag kontak met persone wat gebore of getroud in al die variasies van spellings van bg. van is OF ’n nasaat van een van hul twee seuns, Jean/Jan en/of Abraham is. 

Die betrokke familie is al omvattend deur o.a. Mariana Olivier en dr. Ben Cilliers, asook die Cillie-variasie deur dr. Andrew Kok nagevors, maar het jy al betrokke geraak om jou persoonlike erfenis na te spoor, aan te teken en jul eie familiegeskiedenis te bewaar? Wie is moontlik ook ’n afstammeling van Sarel Arnoldus CILLIERS (1801-1871), ’n nasaat van Jean/Jan?

Skakel met die FAK-Genealogielessenaar om jou met die projek by te staan en ook om seker te maak dat jul persoonlike erfenis nie verlore raak nie.

Word ’n FAK-vriend en dra ook sodoende by tot die bewaring van Afrikanerkultuurerfenis in die algemeen.

 

Jou deelname en betrokkenheid kan help dat soveel as moontlik familielede se familiedata so korrek en volledig as moontlik aangeteken en vir nageslagte bewaar word.

Voltooi asseblief die onderstaande vorm sodat ons jou inligting kan bewaar. Deur die onderstaande vorm te voltooi gee jy ook vir die FAK toestemming om jou te kontak.

Wat is jou besonderhede?

Baie dankie vir jou moeite!

bottom of page