top of page

IS JY 'N UIJS/UYS?

Indien jy ’n nasaat van die stamouers, Cornelis Jansz UIJS  (ook NYS in dokumente gespel) (1671-na 1714) & sy eggenote, Dirkje Matthysen WESTERHOUT (1673-voor 1714), is OF as jy daaroor wonder, moet jy hier lees!

 

Die UIJS/UYS-stamvader was ’n seun van Johannes/Jan UIJS & Daniela RIJKEN. Cornelis, afkomstig van Leiden, Holland, arriveer voor 1701 in die Kaap. Vier kinders is uit die huwelik gebore, met net die oudste wat ’n UIJS/UYS-nageslag het, nl. Dirk Cornelisz (1698-1758), dan ook Johannes (in Kaap gedoop, maar klein oorlede), Elisabeth (gedoop te Kaap 25.10.1703) en Maria (gedoop in die Kaap op 21.09.1710) en in 1729 met Johannes MÖLLER getroud.

Stamvader woon later te ‘Polkadraai’, dist. Kuilsrivier.

Bronne: NG Kerkregisters, UYS Familieregister deur J.R. UYS.

 

Die FAK-Genealogielessenaar maak graag kontak met persone wat gebore of getroud UIJS/UYS is as ’n nasaat van hul oudste seun. 

Die betrokke-familie is al omvattend deur o.a. J.R. UYS & Ian UYS nagevors en vrygestel, maar het jy al betrokke geraak om jou persoonlike erfenis na te spoor, aan te teken en jul eie familiegeskiedenis te bewaar?
Weet jy waar jy in die ‘UIJS/UYS-legkaart’ inpas en of jy moontlik ook ’n afstammeling van die trekleier, Jacobus Johannes (Koos Bybel) UYS (1770-1838), sy seun Pieter Lafras (Piet) UYS (1797-Slag van Italeni 1838; vernoem na oupa Moolman aan moederskant) en die vader van die kinderheld, Dirk Cornelis (Dirkie) UYS (1823-1838; vernoem na oupa aan moederskant met ouers as neef en niggie) is?

Word ’n FAK-vriend en dra ook sodoende by tot die bewaring van Afrikanerkultuurerfenis in die algemeen.

 

Jou deelname en betrokkenheid kan help dat soveel as moontlik familielede se familiedata so korrek en volledig as moontlik aangeteken en vir nageslagte bewaar word.

Voltooi asseblief die onderstaande vorm sodat ons jou inligting kan bewaar. Deur die onderstaande vorm te voltooi gee jy ook vir die FAK toestemming om jou te kontak.

Wat is jou besonderhede?

Baie dankie vir jou moeite!

bottom of page