top of page

IS JY 'N COETZ(S)EE?

Indien jy ‘n nasaat van die stamouers Dirk COETZEE (1655-1725) & Sara van der SCHULP (1678-1713) is of as jy daaroor wonder, moet jy hier lees!

 

Die FAK-Genealogielessenaar maak graag kontak met persone wat gebore of getroud COETSEE/COETZEE OF ‘n nasaat van ‘n COETSEE/COETZEE-voorouer is. 

Die COETSEE/COETZEE-familieregister is al omvattend nagevors en deur verskeie navorsers gepubliseer, maar het jy al betrokke geraak om jou persoonlike erfenis na te spoor, aan te teken en jul eie familiegeskiedenis te bewaar?

 

Skakel met die FAK-Genealogielessenaar om jou met die projek by te staan en ook om seker te maak dat jul persoonlike erfenis nie verlore raak nie.

 

Jou deelname en betrokkenheid kan help dat soveel as moontlik familielede se familiedata so korrek en volledig as moontlik aangeteken en vir nageslagte bewaar word.

 

Jy kan die FAK ondersteun deur die onderstaande vorm te voltooi. 

Wat is jou besonderhede?

Baie dankie vir jou moeite!

bottom of page